Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/11/2009

Aartappelplantjie

2 medium aartappels geskil en gerasper, 25 ml suiker, 500 ml kookwater, 10 ml sout, 3 ml aktiewe of persgis, 125 ml lou water, fles met deksel.

Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125 ml lou water. Meng suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in fles en skroef toe. Nie styf nie. Maak toe en laat 6 tot 8 uur lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of selfs uitloop as gis baie aktief is. As gis te lank gehou word sal gis verswak. Hou 250 ml gis in fles vir plantjie. Syg die res deur draadsif. Knie volgens insuur of direkte deeg metode.

Opmerking: Die plantjie sal 8 tot 10 dae lank op 'n koel plek goed hou. As dit weer aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie, net die res van die bestanddele, as plantjie mettertyd verswak moet 'n klein hoeveelheid gis bygevoeg word, of anders kan 'n nuwe plantjie gemaak word.

resep: Theresa Horak

No comments :

Post a Comment