(bedien 4 persone)
30ml olyfolie
2 uie, fyngekap
5 knoffelhuisies, fyngekap
3ml sout
8 tamaties, geskil en gekap
2ml grofgemaalde swartpeper
60ml vars koljander
1 groen soetrissie, ontpit en in ringe gesny
2 eiervrugte, in ringe gesny
750ml olie
Verhit die oond tot 180°C. Braai die uie, knoffel en sout in die olyfolie tot dit deurskynend is. Voeg die tamaties en peper by en bring tot kookpunt. Laat prut stadig vir 1 uur. Voeg die koljander 15 minute voor die einde by.
Bestryk ´n bakplaat met olyfolie en plaas die soetrissie daarop en bestryk met olyfolie en sout. Rooster tot sag.
Diepbraai die eiervrug in die olie. Dreineer op ´n bord met papierhanddoek.
Skep ´n laag tamatiesous onder in ´n bak. Sit ´n laag eiervrug bo-op, ´n knippie fyn knoffel en dan die soetrissieringe. Herhaal tot die bestandele op is.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
2/09/2009
Eiervrug met soetrissie en tamatie / Eggplant with Pepper and Tomato
Sleutelwoorde:
Groente
,
Vegetaries
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment