
Stap-vir-stap aanwysings en oorgenoeg pragtige foto's haal die misterie uit dié eksakte wetenskap en dien as inspirasie vir elkeen wat nog nooit die moed gehad het om self koek, kleinkoekies, skons, brood, croissants, ensovoorts, te bak nie. Vir dié wat meer ervare is, is daar resepte wat 'n effens groter uitdaging bied. Dit is dus voorwaar 'n boek met 'n ruim verskeidenheid waarin jy jou kan verlustig.
Uit die Oond is 'n uiters omvattende handleiding vir tuisgebak waarsonder geen liefhebber van gebak behoort te wees nie!
No comments :
Post a Comment