Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/09/2009

Kerrie noedelslaai / Curry Noodle Salad

500 ml gekookte noedels
150 ml fyngekapte pynappel
1 ui, gekap
25 ml groenrissie, gekap
2 groot ingemaakte komkommers
1 knoffelhuisie (opsioneel)
150 ml sultannas
knippie sout
Meng alles.

Sous
====
125 ml olyfolie
5 ml kerriepoeier
75 ml asyn
5 ml suiker
sout
Kook alles saam - behalwe oilie - vir 15 minute. Laat afkoel en meng met olie gooi oor slaai - warm of koue slaai.


Resep 2

Chantelle Geldenhuys

300 g gekleurde skroefie noedels
1 koppie tamatiesous
150 g suiker
125 ml olie
kerrie poeier na smaak
"sweet basil"
uie
groenpeper

Meng al die bestanddele vir die sous. Kook noedels volgens aanwysings op pakkie. Meng alles. Hoeveelheid kerrie, uie en groenpeper word na smaak bygesit.

Baie lekker as dit ´n rukkie gestaan het.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment