500 g soetpatats
60 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyn opgesny
sout en peper
60 ml koljander, gekap
1 klein rooi rissie, fyn opgesny
die gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
5 ml komyn
Skrop die patats skoon en sny in skywe van 5mm. Maak droog met kombuispapier en plaas in ´n bak. Meng die olyfolie met 2 knoffelhuisies en sout en peper en gooi oor die patats. Pak een laag patats op ´n oondplaat en rooster vir omtrent 8 minute. Meng die res van die bestandele saam vir die salsa en proe vir sout en peper. Gooi die salsa oor die patats as dit uit die oond kom en bedien dadelik.
Stuur jou resepte na bydraes@kookkuns.com . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment