Behalwe vir die geregte, sluit die resepte ook 'n hele versameling marinades, gegeurde botters, souse vryf- en speserymengsels en smeersels in wat karakter aan jou kos verleen. Nie net kry al die vleissoorte - insluitend vis en wild - hulle kans op die kole nie, maar daar is ook hoofstukke gewei aan slaai en groente, brode en poeding.
Iemand dalk lus vir die Gekruide skaapribrol met hupstootvulsel of Klewerige hoendervlerkies? Of wat van Gevulde wildsrugfilet en Weskussnoek? Die Huisgenoot Braaiboek is 'n volledige gids, gepak met meer as 100 lusmaak-resepte, wat alle braaiers - van beginners tot dié wat wéét - sal inspireer om vriende en familie te nooi vir heerlike steak en samesyn.

No comments :
Post a Comment