Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/17/2009

Kaas en wyn / Cheese and Wine

'n Kaas en wyn is altyd 'n goeie idee vir 'n onthaal.

Wenke vir onthaal:
Kies ´n tipe onthaal wat by jou gaste se smaak en ouderdom pas.
Nooi gaste vroegtydig. Meld die tyd, tipe drag en die geleentheid.
Doen vooraf soveel voorbereidings moontlik.
Dek tafels voor die tyd. Sorg dat tafelversierings afgerond lyk.
Beplan jou spyskaart sodat jy voor die tyd geregte kan maak.
Moenie te veel verskillende geregte maak nie. Sorg dat die kleur en geur van voedselsoorte mekaar aanvul.
Warm en koue geregte kan bedien word. Warm kosse moet net warm genoeg bly.
Hoeveelhede moet sorgvuldig beplan word om verleentheid te voorkom asook vermorsing.

1. ´n Tafel van 2,5m x 80cm. Is voldoende vir 25 persone.
2. Kies ´n tafeldoek wat by die geleentheid pas.
3. Omdat gaste met hul hande eet sorg vir genoeg servette.
4. ´n Vrugte rangskikking pas altyd by ´n Kaas-en-Wyn-onthaal.
5. Houtplanke kan dien as kaasborde. Leiklipskywe kan ook gebruik word.
6. Plaas kaasbord altyd gerieflik vir personse om die kaas te sny.
7. Gebruik kaasmessies of groentemessies.
8. Ongeveer 100 g kaas per gas - Cheddar, Blaauwkrantz, Edam, Tussers, La Campania ens.
9. ´n Verskeidenheid van 6 tot 8 porsies verskillende kaas per gas.
10. Bedien kaas by kamertemperatuur.
11. Moet nooit kaas op slaaiblare bedien nie. - Radyse, pietersielie, jong uitjies en ander groente kan bedien word, maar moet apart van die kaas wees.
12. Sny waslagie van kaas bo en onder af en los dit aan die kant vir uitkenning en maklike hantering.
13. Die skilletjie van kase soos camembert en brie moet nie verwyder word nie. Dit is eetbaar.
14. Dié kase kan op foelie-omhulsel bedien word
15. Bykomstighede:
25 persone : Gemengde soutbeskuitjies -750 g
Grondboontjies - 375 g
Rosyne - 375 g
Aartappelskyfies en/of kaaskrulle - 150 g -2 pakke
Agurkies - 200 g
Swart olywe - 200 g
Groen olywe - 200 g
Brood - 2 tot 3 soorte, bedien op broodborde maar laat gaste toe om dit self te sny of te breek.
Servette
Verskillende doopsouse.
16. Dranksoorte en hoeveelhede:
25 persone:= Wyn (wit en rooi) 16 bottels
Sap of pons - 10 liter.
17. Op informele onthaal skink gaste hulle eie wyn, hulle kry ook hulle eie bygeregte.

Indien warm geregte bedien word moet aansitplekke, messegoed en borde voorsien word.
In die geval mag koffie ook daarna bedien word.

Dit het sy gesondheidsvoordele = Een kilogram Cheddarkaas bevat soveel protiene as 1,5kg rooivleis - 1,5kg vis - of 3 dosyn eiers.

Onthou om altyd nie-alkoholiese drankies voor te sit vir gaste wat dit sal verkies.

No comments :

Post a Comment