8 uie, in ringe gesny
1 eiervrug, in skywe gesny, 20 minute gesout en afgespoel
2 soetrissies, in skywe gesny
6 tamaties, in skywe gesny
2 rissies, fyn gekap
6 aartappels, geskil en in skywe gesny
125g botter
1kg van jou gunsteling vleis
1 eetlepel growwe sout
½ teelepel gemaalde swartpeper
1 koppie rys
4 takkies oreganum
¼ teelepel gerasperde neutmuskaat
1 glas droeë witwyn
½ koppie water
Sit die botter onder in jou oondskottel. Pak ´n laag uie gevolg deur ´n laag vleis en ´n laag eiervrug. Strooi sout en peper oor. Pak ´n laag soetrissie, ´n laag tamatie en dan die rys. Strooi die oreganum en rissies oor. Pak weer ´n laag tamatie, ui, vleis, eiervrug en eindig met aartappel. Strooi nog sout en peper oor en neutmuskaat. Gooi die wyn en water by. Bak vir 3 ure teen 180°C.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment