Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/06/2009

Plaatkoekies / Crumpets


1 eier
2 teelepels suiker
¾ koppie melk
1 koppie meel
¼ teelepel sout
1 eetlepel botter, gesmelt
3 teelepels bakpoeier

Klits die eier, maar sorg dat dit nie skuim nie. Voeg nou die helfte van die melk by asook die meel, suiker en sout en meng met ´n vurk. Roer die botter en bakpoeier by. Voeg die orige melk by en roer. Moet nou nie weer roer nie en laat staan vir ten minste 20 minute. Verhit ´n oliebesmeerde pan. Maak koekies met lepels deeg in pan. Wanneer daar borreltjies aan die bokant verskyn moet die koekies omgekeer word. Dit moet ligbruin aan beide kante wees.

Bedien met botter, heuning, stroop, kaas of net waarvan jy hou.

No comments :

Post a Comment