Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2009

Klappermelktert / Coconut Milk Tart

125g sagte botter
100g suiker
100g fyngerolde tennisbeskuitjies
100g klapper
60g gesifte koekmeelblom

Meng die botter en suiker goed.
Voeg die beskuitjiekrummels, klapper en meel by.
Meng goed en druk die helfte van die mengsel uit in 'n vuurvaste tertbak van 20x30cm.
Die oorblywende korsmengsel strooi jy bo-oor die tert.

4 eiers
25g koekmeelblom
25g mielieblom
knypie sout
125ml melk
25g botter
200g suiker

Klits die eiers goed saam.
Voeg die meel, mielieblom en sout by en klits weer.
Kook die melk en roer dan eers die botter en dan die suiker by.
Roer die melk by die eiermengsel, gooi terug in kastrol, roer aanhoudend terwyl jy dit oot matige hitte kook tot dik.
Gooi die tertmengsel in kors.
Onthou om die oorblywende korsmengsel oor te gooi en bak dan vir 35 minute teen 180°C.

Resep 2

(bedien 6)

Kors:
310g droë klapper
200g tennisbeskuitjies, fyngedruk
125ml suiker
60g botter, gesmelt

Vulsel:
20ml mieliemeel
20ml meel
45ml suiker
750ml melk
15ml botter
2 eiers, geskei
5ml vanilje geursel
2.5ml amandel geursel

Meng al die droë bestandele saam vir die kors en druk vas in ´n tertbak. Hou klein bietjie vir die krummels bo-op.

Meng die meel, suiker en ´n klein bietjie melk saam. Bring die res van die melk tot kookpunt en voeg die botter by. Roer die meelmengsel by. Sorg dat jy dit goed klits om te verhoed dat daar klonte vorm. Laat die mengsel afkoel voor jy die eiergele en geursel byvoeg. Klits die eierwit en vou dit in. Giet vulsel in kors en plaas in yskas.

No comments :

Post a Comment