Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/07/2009

Aartappelsuurdeeg / Potato Sourdough

2 medium aartappels
500 ml gekookte water
3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
125 ml lou water
25 ml suiker
10 ml sout
fles met deksel

1. Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.
2. Week die gis in die 125 ml lou water.
3. Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.
4. Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op 'n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.
5. Hou 250 ml gis in die toe fles vir 'n plantjie. Syg die res deur 'n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.
6. Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.

Opmerking:
As jy weer insuur vir bak word nie weer gis bygevoeg nie, dan kom net aartappels, suiker, sout en lou water by om bottel weer te vul. As jy merk die plantjie verswak kan daar weer gis bygegooi word. Of maak nuwe plantjie van vooraf.

NB: Ek myself rasper nie die aartappels vir insuur nie, ek skil dit af en sny dit in dun skywe en gooi dit in die bottel saam met die res van die bestanddele.

bydrae: Magda van Wyk


Resep 2

2 medium aartappels geskil en gerasper
25ml suiker
500ml kookwater
10ml sout
3ml aktiewe of persgis
125ml lou water
fles met deksel

Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel. Week gis in 125ml lou water. Meng suiker , sout, en gewwkte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in fles en skroef toe. Nie styf nie. Maak warm toe en laat 6 tot 8 uur lank op warm plek staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die fles vul, of selfs uitloop as gis baie aktief is. As gis te lank gehou word sal gis verswak. Hou 250ml gis in fles vir plantjie. Syg die res deur draadsif. Knie volgens insuur of direkte deeg metode. Opmerking:- Die plantjie sal 8 tot 10 dae lank op ´n koel plek goed hou. As dit weer aangemaak word, word daar nie weer gis bygevoeg nie, net die res van die bestandele, as plantjie metertyd verswak met ´n klein hoeveelheid gis bygevoeg word, of ander kan ´n nuwe plantjie gemaak word.

bydrae: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment