Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/11/2009

Appelblatjang / Apple Chutney

1 kg groen appels
1 groot ui, gerasper
375 ml bruinsuiker
375 ml asyn
125 ml lemoensap
3 brandrissies, fyngekap
5 ml gemaalde gemmer
sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus

Skil en ontkern appels. Rasper die appels. Meng al die bestanddele goed saam. Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is. Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit. Bewaar die blatjang op ‘n koel droë plek.

bydrae: Karen

No comments :

Post a Comment