Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/12/2009

Geroosterde Knoffel-en-Tiemie-Risotto / Roasted Garlic and Thyme Risotto

2 heel koppe knoffel
1.1 liter aftreksel
1 eetlepel olyfolie
2 uie, fyn opgesny
2 huisies knoffel, fyn opgesny
halwe kop seldery, fyn opgesny
400 gram risotto-tipe rys
sout
2 glase witwyn
handvol tiemieblare
vars gemaalde swartpeper
70 g botter
115 g gerasperde Parmesan
155 g doplose amandels, gekraak
2 handevol broodkrummels
olyfolie

Rooster die knoffelknoppe teen 230ºC vir 20 minute. Verhit die aftreksel. In ´n aparte pan verhit jy die olyfolie en braai die uie, knoffelhuisies en seldery oor matige hitte vir 4 minute. Voeg die rys by en draai die hitte op hoog en roer. Wanneer die rys half-deurskynend raak voeg jy die wyn by. Bly roer! Wanneer die wyn deur die rys opgeneem is voeg jy die aftreksel lepel vir lepel by. Voeg sout by. Druk die geroosterde knoffel uit in risotto. Voeg nou die tiemie en swartpeper by. Draai die hitte af. Wanneer al die aftreksel bygevoeg en opgeneem is kan jy die rys van die hitte afhaal. Voeg die botter en Parmesan by en laat dit net so sit vir ten minste 5 minute. Verbruin die amandels en broodkrummels apart in ´n pan met ´n bietjie olyfolie. Strooi oor die risotto wanneer jy opdis.

No comments :

Post a Comment