Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/27/2009

Souskluitjies / Dumplings

250ml meelblom
25ml botter
25ml bakpoeiers
3 eiers
125ml melk
sout na smaak
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in. Klits eiers goed voeg melk by en klits weer. Voeg by droë bestanddele en roer goed. Skep met groot lepel - 3-4cm. en gooi in water in groot kastrol. Sit deksel op en kook op matige hitte vir 8 minute. Skep in bak en strooi kaneelsuiker bo-oor. Hou die water eenkant om stroop in te maak.

SOUS
1,25 liter water
750 ml suiker
1 ml sout
25 ml asyn
vlapoeier
25 ml botter
25 ml kaneel
kruienaeltjies
125 ml soetwyn

Meng al die bestandele goed. Kook saam en verdik met vlapoeier. Voeg die soetwyn laaste by en gooi oor kluitjies. Bedien warm.

No comments :

Post a Comment