Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/01/2009

Mikrogolf rissie-tamatiesous / Microwave Chili-tomato Sauce

Die sous kan baie lank hou.

1 kg tamaties, geskil en gekap
1 teelepel sout
4 toontjies knoffel geskil en gekneus
¼ koppie asyn - druiweasyn is lekker maar nie ´n moet
¼ koppie bruinsuiker
¼ koppie vars koljanderblare - te koop by indiese markte
3 rissies ontsaad en gekap

Meng alles saam in glasbak en mikrogolf op hoog vir 25 minute roer deur af en toe. Laat koud word en meng in voedselverwerker. Gooi in gesteriliseerde bottels. Maak ± 2½ koppies. Wag 2 weke voor gebruik. Hou in yskas nadat oopgemaak is.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment