Bedruipsous:
Half koppie suurlemoensap
Twee eetlepels hoenderspeserye/Robertsons Porteugese chicken spice
´n paar fyngedrukte loerierblare(bayleaves)
1 tl sout
2 tl fyn gedrukte knoffel
1 tl paprika peri-peri na smaak (Dis nog lekkerder om jou "flatty" of hoenderstukkies vir 24 uur hierin te marineer)
Braai nou die hoender oor matige kole (of gasbraai) en begin bedruip as hoender so 70% gaar is.(Wanneer hy ophou vog afskei) So 10 minute in die mikrogolf op hoog alvorens jy braai, help baie).
Sous vir opskep: (Lekker oor rys of chips)
125 g suiwer botter
2 tl fyngekapte knoffel
BAIE suurlemoensap (na smaak)
peri-peri met verbeelding!
Gooi alles in een houer en verhit effens sodat sout ens. kan oplos.
resep: Andre Vorster
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment