Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/20/2009

Tamatiesous

Tamatiesous is die hoeksteen van die Italiaanse kookkuns. Hierdie bestanddele is genoeg vir 'n halfliter sous.

30 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
'n blikkie heel Italiaanse tamaties
125 ml rooiwyn
40 ml tamatiepasta
40 ml vars gekapte basiliekruid
20 ml vars oreganum
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie en braai die uie en knoffel tot die uie sag en deurskynend is.
Voeg die res van die bestanddele by en laat stadig kook vir 1½ uur met die deksel net halfpad op die pot. Roer af en toe.
Proe voor sout en peper voor jy dit met jou voedselverwerker verpulp.

Resep 2

resep: Petro van der Westhuizen

Tuisgemaak en dêm lekker! Soek ´n sonskynstukkie grond in jou agtererf. Spit om en gooi 2.3.2 in die grond en hark reg. Koop plantjies, as jy wil, saad sal ook doen. Plant tamatieplantjies en gee water, liefs met tuinslang by wortels, spreiers kan roes veroorsaak.

Nou vir die tamatiesous:

10 ryp tamaties
2 soetrissie, gekap
4 medium uie, gekap
½ teelepel mostertsaad
10ml fyn gemmer
10ml "All Spice"
2 knoffeltoontjies
6 heel naeltjies
250ml suiker
½ teelepel sout
1 heel kaneelstokkie
2 koppies asyn

Sny tamaties in stukkies - nadat jy dit ontvel het. Gooi alles in groot kastrol en kook vir 30 minute. Maak fyn met versapper druk deur sif en kook weer tot dik. Bottel in gesteriliseerde bottels. Dit lyk snazy op jou kombuisrak in ´n mooi bottel en wanner jy dit oopmaak bêre dan in yskas. Wat dit tamatiesous ´n treffer maak is as jy 2 groot rooi brandrissies ook byvoeg. Heerlik!!! Meer knoffel kan ook bygevoeg word. Al word dit op kombuisrak effe bruin bo, moenie worry nie dit is maar die manier.

Resep 3

resep: Petro van der Westhuizen

(Lewer 400ml sous)

1 koppie suiker
1½ koppie druiwe asyn
1 blikkie tamatiepasta
2 teelepels worcester sous
2 teelepels aangemaakte mostert
Sout en peper na smaak.

Meng al die bestandele en kook goed.

No comments :

Post a Comment