![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEipqybsvJZW2-6y1etwRD0RNEuj-s3yy919FIxClDLMo7Vz0ifOnPnCoSr_p1bibXBq3nbcfIUDFxQxEpl5NTH2WHGAB6KU0soQRYnB2q7mskR0caUEf9T6hv0ETGy4_Lv_flW1QcFN4ImC/s200/reuben.png)
Geure, smake, reuke en teksture het die vermoe om jou terug te voer na jou kinderdae, jou te laat voel soos daardie eerste keer toe jy 'n perske, lemoen of die kombinasie van gekaramelliseerde ui en bloukaas in 'n tert geproe het.
Reuben Riffel, 'n 34-jarige Suid-Afrikaanse sensasie, het in die nederige Groendal grootgeword en is tans een van die land se beste sjefs. Sy restaurant, Reuben's, lê in die hartjie van Suid-Afrikaanse wynland, Franschhoek, 'n pragtige dorp wat vinnig bekendheid verwerf as een van die wereld se voorste kos- en wynbestemmings.
(foto Craig Fraser)
No comments :
Post a Comment