Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/04/2009

Snacks and Treats for Sustained Energy

Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann, die twee uiters bekwame dieetkundiges wat ook die medeskrywers was van Volgehoue energie vir kinders, plaas met Soet en Sout vir volgehoue energie die langverwagte kersie op die koek van enige partytjieboekversameling.

Hierdie boek bevat 'n omvattende versameling smullekker, eenvoudige, flatervrye lae-GI-resepte vir soet en sout gebak: van die tradisionele tot die minder tradisionele; van almal se gunsteling - sjokoladekoek - tot die unieke Duitse patatkoek.

Dit was nog nooit so maklik om gesond te eet nie - en nou kan jy boonop langer fiks en gesond bly! Deur bloot die regte voedselkeuses uit te oefen, kan jy lekker eet en 'n gesonde lewenstyl handhaaf terwyl jy fantasties lyk én voel. 'n Lae-GI-dieet is die sleutel tot smulkos sonder skuldgevoel.

Hierdie heilsame happies is nie net heerlik nie, maar hou ook vele gesondheidsvoordele in: . Dit help mense met diabetes om hul bloedglukosevlakke te stabiliseer. . Dit maak dit soveel makliker om gewig te verloor en jou figuur te behou. . Dit verbeter konsentrasie by kinders met aandaggebreksindroom (AGS). . Dit verlaag cholesterol- en bloeddrukvlakke beduidend en help so om hartsiekte te voorkom.

Bederf jouself gerus met heerlike partytjiekos wat die knaende drang om te peusel sal bevredig. Hierdie boek sal jou help om die regte kombinasies van partytjiehappies te maak sodat jou gesonde eetplan nie skipbreuk ly nie. Begin vandag bak en brou vir 'n gesonde lewenstyl met behulp van hierdie opwindende gids!

Gabi Steenkamp is al langer as 25 jaar in die privaat praktyk en praktiseer tans in Johannesburg. Sy beskou as 'n besonder praktiese dieetkundige met haar voete plat op die aarde. Sy is ook die skrywer van verskeie artikels en die aanbieder van talle slypskole en lesings oor voeding en ander verwante onderwerpe.

Jeske Wellmann het 'n privaat praktyk en is adviserende dieetkundige van die Attention Deficit Hyperactivity Association of Southern Africa (ADHASA). Sy fokus op die behandeling van diabetes, aandaggebreksindroom en hiperaktiwiteit, asook ander lewenstylverwante siektes by kinders en volwassenes.

No comments :

Post a Comment