Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/21/2009

Viskoekies / Fish Cakes

Roanda wou ´n resep hê vir varswater viskoekies. Enige vis kan vir hierdie resep gebruik word, maar onthou om varswatervis te maal aangesien dit baie grate het.

500 g gestoomde vis
300 g aartappels gekook en gesmash
4 groot lepels gekapte uie
3 lepels gekapte pietersielie
1 teelepel sout indien nodig
knippie neutmuskaat
2 eiers en broodkrummels
peper na smaak

Maal vis en meng met smash, uie, pietersielie, sout peper en neutmuskaat. Meng geklitste eiers by. Meng goed. Maak bolletjies en en rol in broodkrummels. Druk koekies effens plat. Bak in warm olie en dreineer op kombuispapier.

resep: Petro van der Westhuizen

Resep 2

Vir elke persoon neem jy een medium stokvis. Stoom tot gaar Meng met een gaar fyngedrukte aartappel en een sny brood wat in melk geweek is (sonder korsies). Meng met jou gunsteling speserye. Maak in bolletjies en sit in yskas vir ± 1 uur en bak in olie tot gaar.

resep: Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment