Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/11/2009

Bierblikhoender / Beer Can Chicken

Een hele hoender
Olyfolie
Sout na smaak
Mixed herbs
Gunsteling hoender spice
Gunsteling blikkie bier

Maak skoon, was en blowdry die hoender (die fabrieke doen dit lankal nie meer behoorlik nie). Dop hom om en strooi net die sout in die holte. Vryf buite-om goed in met die olyfolie. Gooi nou jou spice oor en vryf ook in. Drink nou die helfte van die bier op en druk blikkie met die ander helfte in hoender se gat op (as jy te veel bier drink maak die blikkie klaar, vat ander een en probeer weer). Maak hoender staan op vlak bakskottel wat met foelie bedek is. Voorverhit die oond tot 180ºC. Sit hoender nou mooi regop in die oond vir 90min.

Heerlik en sappig.

bydrae: Dowe Koos

No comments :

Post a Comment