Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/10/2009

Gemmerbier / Ginger Beer

Thea Lotz skryf: "Toe ek nog 'n kind was het my ouma altyd vir ons gemmierbier gemaak met 'n rosyntjie/sultana plantjie. Ek weet net sy het altyd 'n deel van die plantjie gehou om weer gemmerbier mee te maak. Deesdae weet niemand waarvan ek praat nie - hulle ken net 'n aartappel plantjie.
Weet jy van so 'n plantjie om gemmierbier mee te maak?"

Hier volg 'n resep vir Thea:
Jy begin jou plantjie in 'n een liter fles. Plaas 8 Sultanas/rosyntjies in die fles saam met die sap van twee suurlemoene, 1 teelepel gerasperde suurlemoenskil, 4 teelepels suiker, 2 teelepels varsgemaalde gemmer en twee koppies water. Roer en laat die mengsel staan in 'n warm hoekie vir twee tot drie dae tot dit begin fermenteer. Sodra die plantjie begin "groei" moet jy dit elke dag "voer" met twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker vir 'n periode van een week.
Om jou bier te brou gooi jy vier koppies kookwater oor vier koppies suiker en meng tot die suiker opgelos is.
Voeg drie liter koue water, die sap van vier suurlemoene en die "plantjie" by. Sif deeglik deur - gebruik dun doek. Draai die doek uit in 'n bak en gebruik die vloeistof wat uit die doek kom vir jou volgende "plantjie". Begin dit deur twee koppies water, twee teelepels gemaalde gemmer en vier teelepels suiker by te voeg. "Voer" die plant dan soos voorheen.
Bottel jou bier in dik glasbottels. Na drie dae sal dit gereed wees vir gebruik.

Resep 2

5 liter warm water
1 teelepel wynsteensuur
1 teelepel kremetart
3 teelepels fyn gemmer
1 pakkie droë gis
Meng alles saam en laat oornag staan. Sif deeglik deur -gebruik dun doek - Bottel en gooi ± 2 rosyntjies in elke bottel.

bydrae: Petro van der Westhuizen


Resep 3

250 g suiker
1 pakkie droë gis
1 teelepel kremetart
1 teelepel wynsteensuur
3 teelepels gemmer
5 liter louwarm water.

Los suiker in water op en voeg ander bestanddele by. Laat staan oornag. Sif deur en bottel. Gooi 2 rosyntjies in elke bottel.

bydrae: Petro van der Westhuizen

4 comments :

  1. Petro Bekker24/2/11 10:31

    Ek is dringed op soek na n resep om hops en aartappel suurdeeg te begin. Jare terug het iemand vir my n plantjie gegee. Jy hou dit in die yskas. Dit bak die lieflikste besluit. Dan soek ek ook na n resep vir gemmerbier met n plantjie. My ma het dit gemaak. Die een op die web lyk nie vir my bekend. My ma sin het weekliks vermeerder dan moes jy van die plantjie weggee. Ek het dit self gemaak, die suurlemoensap daarin is vir my vreemd. Kan u my asb. help. Baie dankie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Marina Voogt30/4/12 17:48

      Hi daar Petro. Ek dink ek weet waarvan jy praat. Dit is sulke jellie kristalle. Het jy toe al gekry want ek soek ook een

      Delete
  2. Anonymous24/2/11 10:32

    Het jy al na die twee gekyk Petro:

    http://www.kookkuns.com/2009/02/aartappelplantjie.html

    http://www.kookkuns.com/2009/03/aartappelsuurdeeg.html

    ReplyDelete
  3. Petro het jy die jellie balletjie gemmerbier plantjie resep, gekry,? Ek het ook gemaak maar wil graag weer.

    ReplyDelete