Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/25/2009

El Bulli steeds beste

Die Spaanse restaurant El Bulli het sy plek behou as die wêreld se nommer een restaurant op 2009 se S. Pellegrino World's 50 Best Restaurants-lys. Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die restaurant nommer een is. Sjef Heston Blumenthal se The Fat Duck in Brittanje het ook die tweede plek vir die soveelste jaar behou.

Vanjaar se verrassings was die Deense restaurant Noma wat in die derde plek was en die Spaanse restaurant El Celler de Can Roca wat van nerens af gekom het om die vyfde plek te neem.

Suid-Afrika het vanjaar twee restaurante onder die top 50. Margot Jansen se Le Quartier Français in Franschhoek is op nommer 37 en is ook aangewys as die beste restaurant in Afrika en die Midde-Ooste. La Colombe in Constantia, Kaapstad, is nommer 38.

Drie Suid-Afrikaanse restaurante duik op in die reserwelys van restaurante, nommers 51 tot 100. Jardines in Kaapstad is nommer 79, Aubergine, ook in Kaapstad, is nommer 96 en die wynlandgoed Rust en Vrede in Stellenbosch se restaurant is nommer 98.

Die top 10 restaurante in 2009 is:

1 El Bulli, Spanje
2 The Fat Duck, Brittanje
3 Noma, Denemarke
4 Mugaritz, Spanje
5 El Celler de Can Roca, Spanje
6 Per Se, VSA
7 Bras, Frankryk
8 Arzak, Spanje
9 Pierre Gagnaire, Frankryk
10 Alinea, VSA

No comments :

Post a Comment