Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/24/2009

Portfees 2009

Sedert die eerste Portfees in 1992 het Calitzdorp se roem as die Porthoofstad van Suid Afrika merkwaardig uitgebrei, nie net landswyd maar ook internasionaal. Hierdie historiese Klein Karoo dorpie, omring deur die prag van die Swartberg, Rooiberg en Gamkaberg, is alreeds in rep en roer vir die 2009 Portfees, so maak nou al aantekening in jou dagboek vir die eerste naweek in Mei 2009 vir dié streek se fees der feeste.

Die roemryke Port produsente - Boplaas, De Krans, Calitzdorp Wynkelder, Axe Hill, Peter Bayly en TTT Kelders - is weer gasheer van die Portfees en besoekers sal getrakteer word op 'n skatkis van die beste porte wat deur hierdie kelders gemaak word. Van waarde-vir-geld ruby en tawny porte tot vintage reserve porte wat met veelvuldige toekennings bekroon is – die heel beste porte buite dié wyn se oorspronklike tuiste in die Douro in Portugal.

'n Feesprogram vol verskeidenheid word beplan en sal gesentreer word rondom die nuwe venue by die historiese ou Calitzdorp Stasie, die verskeie wynkelders en die dorp self. Die hoogs susksesvolle 2007-instelling van die opveil van die grootste (54ℓ) en beste (5ℓ) bottels port vind weereens plaas, waarvan 'n gedeelte van die opbrengs aan die Calitzdorp Fonds vir Behoeftiges gaan.

Op Vrydag, die 1ste Mei skop die fees af met die SAPPA-jaarvergadering, 'n simposium oor die generiese bemarking van port en Portugese rooiwyn kultivars, port en wynproe by al die kelders en 'n tradisionele druiwetrapkompetisie (kry jou litte nou al los). Ander aktiwiteite sluit in die SA Boulle-kompetisie opwarming, 'n Kunste-, Oudhede- & Port-kronkelkompetisie, 'n Kulturele / Historiese Skattejag en die gewilde Visvangkompetisie. En om die dag op 'n gesellige noot af te sluit, geniet 'n aand van voortrefflike kos, Port, wyn, musiek en dans by die glansryke Port-dans.

Saterdag, die 2de Mei beloof om 'n besige dag te wees. Dit begin met die formele proe van Porte en Portugese rooiwyn kultivars, asook 'n Wingerdkronkel, die druiwetrapkompetisie en iets besonders – 'n voorlesing oor Wynstories deur Paul Eihlers. Vind meer uit oor Calitzdorp se fauna en flora deur die lesing oor die luiperds van die streek by te woon, neem die Vetplante- en Voëlkyktoere of besoek die Biodiversiteit-uitstalling. Die immergewilde Fietsry en ½ Marathon sowel as die finaal van die Boulle-kompetisies vind plaas. Leer meer oor Kos- en Wyn-kombinasies met beroemde sjef Francois Ferreira se Volstruisvleis-en-Wyn-aanbieding of by die Sjokolade & Wyn/Port-aanbieding. Kindervermaak en –sorg, 'n Kersligkronkel, Orrel-uitvoerings, Propspoeg, Visvang- en ander kompetisies - en vele meer om jou die hele dag besig te hou.

Bevredig jou eetlus by die verskeidenheid kos- en leefstyl-stalletjies by die Calitzdorp Stasie en wynkelders of met 'n luilekker maaltyd by enige van die uitstekende restourante. En om die dag af te sluit geniet 'n Portugese aandete by ons restourante of gastehuise of, vir dié van julle wat nog litte wil los maak, hou die gewilde Bosvarkie Bush Pub 'n opskop tot laat nag.

Op Sondag, die 3de Mei, loop die fees tot 'n einde met 'n interkerklike diens en Orrel-uitvoering by die NG Kerk, 'n lang tafel noenontbyt, en 'n geleentheid vir oulaas om jou Port en Wyn aankope te maak by sommige kelders wat oop sal wees.

'n Propvol Portfees-program en iets vir ieder en elk, so onthou die datum van 1 – 3 Mei 2009 en kom deel aan die warmte en sjarme van die beste dorpie in die Klein Karoo – Calitzdorp.

No comments :

Post a Comment