Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/26/2009

Komkommerslaai / Cucumber Salad

'n Briljante slaai uit die hand van die bekende Elizabeth David.

Skil 'n komkommer in papierdun skywe. Meng 60 ml room, 'n teelepel suiker, 15 ml olyfolie, sout, peper en 'n teelepel dragon-asyn. Plaas die komkommer in 'n slaaibak en spuit die roommengsel oor. Sprinkel fyngekapte grasuie oor.


Resep 2

Petro van der Westhuizen

3 engelse komkommers in dun skyfies gesny
3 groot uie in ringe gesny
3 eetlepels growwe sout
1 x basiese soetsuursous

Pak uie en komkommer is lae in vergiettes en sprinkel sout oor elke laag. Plaas piering met swaar voorwerp daarop en laat 3 uur staan om te dreineer. Spoel af. Neem warm sous en voeg groente by. Laat opkook vir 1 minuut. Pak in warm bottels en verseël.

No comments :

Post a Comment