4 eiers
25 ml mielieblom
250 ml meelblom
250 ml suiker
50 ml water
3 ml bakpoeier
3 ml sout
Klop eiergele, water en suiker saam. Sif droë bestandele en voeg by eiermengsel. Vou styfgeklopte eierwitte by en bak by 200C vir 15 - 20 minute.
Vulsel:
250 ml strooisuiker
125 g botter
500 ml melk
25 ml vlapoeier
Room suiker en botter Maak vla aan met kookmelk . Laat vla afkoel en klop botter mengsel by. Versiering: Braai 250ml suiker bruin in ´n stukkie botter en gooi bo-oor.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment