Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/07/2009

Pampoenblatjang / Pumkin Chutney

1kg pampoen geskil, ontpit en in blokkies gesny
2 groot uie, gekap
250 g sultanas
1,25 liter asyn
125 ml suiker
60 g mosterdpoeier
20 ml sout
15 ml borrie
5 ml fyn naeltjies
1 ml gemengde speserye

Plaas pampoen, uie, sultanas en asyn in 'n kastrol en kook tot sag. Plaas pampoen, uie, tesame met res van die bestanddele in 'n voedselverwerker of versapper en maak fyn. Indien te styf, voeg bietjie van die asyn waarin die pampoen gekook is by. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.

No comments :

Post a Comment