Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/23/2009

Warm mangoblatjang / Hot Mango Chutney

1,5 kg groen mango's, geskil, gehalveer, ontpit
70 ml sout
2 liter water
500 g suiker (625 ml)
600 ml asyn
125 g dadels, ontpit en gekap
'n stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
6 knoffelhuisies, gekneus
10 ml rissiepoeier
1 kaneelstokkie
125 g pitlose rosyne

Kap die mango's in klein stukkies. Plaas in 'n mengbak. Sprinkel sout oor en voeg water by. Bedek en laat 24 uur staan. Dreineer die mangostukkies en plaas eenkant. Plaas suiker en asyn in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut totdat die suiker opgelos is. Roer voortdurend. Voeg die gemmer, knoffel, rissiepoeier, kaneelstokkie, rosyne, dadels en gedreineerde mango by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 1 tot 2 uur onbedek prut of totdat die blatjang dik is. Roer af en toe. Verwyder die pypkaneel. Skep die blatjang in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.

No comments :

Post a Comment