Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/22/2009

Pruimedantblatjang / Prune Chutney

750 ml asyn
5 ml gemaalde gemmer
5 ml gemengde speserye
5 ml fyn kaneel
5 ml droë mosterd
2,5 ml brandrissie poeier
knypie gemaalde naeltjies
knypie gemaalde neutmuskaat
1,5 kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit
500 g pitlose rosyne
600 g appels geskil, ontpit en in stukke gesny
500 g suiker
500 g wortels, geskil en grof gerasper
30 ml sout
2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke
600 g uie, geskil en gekap

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg al die oorblywende bestanddele by en roer goed. Bring weer tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop, is die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die volgende dag in gesteriliseerde botteltjies. Die deksels moet met plastiek uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand.

No comments :

Post a Comment