Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/02/2009

Sjokoladefees met 'n neus vir wyn

Kango Wyne en 'n sjokoladevervaardiger, Martie Lamprecht, het besluit om wyn en sjokolade by mekaar te bring by vanjaar se KKNK.

Hierdie smaaksensasie is nie net iets wat die verbeelding aangryp nie, maar ook ongewone kombinasies tot gevolg het. By hierdie geleentheid probeer Martie en Kango Wyne om die gehoor op interessante wyse in te lig en te leer hoe hierdie kombinasie baie suksesvol saam gebruik kan word.

Deur middel van 'n visuele aanbieding word daar gewys hoe hierdie produkte ontstaan het en hoe dit gemaak word. Daarna word 'n praktiese proesessie aangebied waar die beste van albei produkte bymekaar gebring word in kombinasies wat selfs die fynproewer sal beïndruk.

Die KKNK 2009 begin vandag.

No comments :

Post a Comment