Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/05/2009

Whisky en sjokolade

Nie een van die edel-spiritualieë is so misterieus soos whisky nie. Whisky word reeds langer as 500 jaar gedistilleer en gedrink, en is deel van 'n trotse Skotse tradisie.

Sjokolade het sy oorsprong in die tyd van die Asteke en sedertdien het dit een van die grootste fynproewerswenners van ons tyd geword.

Vanjaar bied Chris Koch vir die eerste keer 'n nuwe proe-program aan wat whisky en Lindt-sjokolade kombineer. Jy proe vyf verskillende Skotse enkelmoetwhiskies in samehang met wonderlike sjokolade vir 'n uitsonderlike smaakervaring. Jy leer alles oor die maak van whisky en sjokolade, en vertrek dan op 'n kulinêre reis wat die verskillende smake, geure en teksture van die twee bederfgoed blootlê. Kom word 'n whisky- en sjokoladeconnoisseur - die wonderlike wêrelde van whisky en sjokolade wag net op jou!

No comments :

Post a Comment