Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/17/2009

Armmanstert

Hierdie is 'n ligte aandete.

Kors: Meng die volgende bestanddele en voer ´n bakskottel daarmee uit
2 k gaar fyn aartappels
1 eiergeel
2 e botter
2 e melk
1 t bakpoeier

Vulsel: Maak witsous van die volgende bestanddele:
2 e meelblom
2 e botter
1 k melk
sout en peper
Voeg die volgende by
1 blikkie fyngemaakte boeliebief
½ k gerasperde kaas
1 fyngemaakte hardgekookte eier

Meng alles goed en sit in aartappelkors. Gooi bo-oor 1 geklitste eier gemeng met ´n ½ k melk. Bak by 400 F tot dit ligbruin is.


bydrae: Helene van der Merwe

No comments :

Post a Comment