Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/18/2009

Brokkoli hoender / Broccoli Chicken

1 hoender ( neem liewer 6 - 8 dye )
1 x 500g pak brokkoli
250 ( 1k) mayonnaise
5ml ( 1t) kerriepoeier
410 g ( 1 blik) room van sampioensop
1 klein blikkie sampioene
1 middelslag suurlemoen
50 ml ( 4e) botter
62,5 ml ( 5e) broodkrummels
625 ml ( 2 ½ k) gerasperde cheddar

Kook hoender tot sag ( 1 - 1 ½ uur ). Laat afkoel, ontbeen en sny in stukkies. Kook brokkoli in hoenderaftreksel vir 5 minute. Dreineer. Pak hoender in oondskottel met brokkoli, gooi mengsel van mayonnaise, kerriepoeir,sampioensop en suurlemoensap oor, asook sampioene. Bedek met mengsel van botter, broodkrummels en kaas. Bak in oond by 150 C tot soos borrel + ½ uur.

bydrae: Helene van der Merwe

No comments :

Post a Comment