Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/28/2009

Lamsboud met karringmelkmarinade / Leg of Lamb with Buttermilk

1 lamsboud, ontbeen en soos 'n vlinder oopgesny
125 ml karringmelk
10 ml gegeurde seesout
2,5 ml gemaalde swartpeper

Bedruipsous:
100 g gesmelte botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap of gedruk
2,5 ml suiker
sap van ½ suurlemoen

Giet die karringmelk in 'n glasbak en plaas die vleis daarin. Draai dit 'n paar keer om sodat die vleis goed bedek word. Laat 24 uur lank in die koelkas marineer. Karringmelk is 'n uitstekende versagter. Dit trek nie die vleissappe uit nie, en sal nie die smaak van die vleis op enige manier verander nie. Haal die vleis die volgende dag uit en droog versigtig met kombuispapier af. Geur met gegeurde sout en swartpeper. Meng die bestanddele vir die bedruipsous. Voorverhit die oond tot 180ºC. Bedek met foelie en bak vir 1½ - 2 uur lank. Draai 1 maal om en drup lepelsvol bedruipsous oor die boud. Verwyder die foelie en braai 'n verdere 15 minute lank tot mooi bruin.

No comments :

Post a Comment