Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/27/2009

Pasta met tamatie- en basiliekruidsous

1 ui, fyn opgesny
450 g tamaties, geskil en gekap
2 eetlepels tamatiepuree
1 lemoen
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
sout
varsgemaalde swartpeper
140 ml rooiwyn
140 ml groenteaftreksel
2 eetlepels basiliekruid, opgesny
340 g van jou gunsteling pasta

Voeg die tamaties, ui, knoffel en tamatiepuree in ´n pan en verhit stadig tot die tamaties begin versag.

Rasper (fyn) die lemoenskil in en druk die sap ook uit in die pan.
Gooi die rooiwyn en groenteaftreksel by.
Kook tot die sous verdik.
Proe vir sout en peper.

Gooi gekerfde basilie by en kook vir nog 5 minute.

Kook jou pasta tot gaar en bedien saam met sous.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment