2,5 kg mengsel van blomkool blommetjies, komkommer, groenbone, klein uitjies em murgpanpoentjies.
350 g sout
280 ml witsuiker
1 eetlepel mostertpoeier
8 ml fyn gemmer
2 knoffeltoontjies- fyngedruk
1,4 liter wit asyn
6 eetlepels meel
2 eetlepels borrie
Halveer komkommer in helfte en sny pittjies uit. En sny in blokke. Verwyder stingels van boontjies en murgpampoentjies en sny in stukke. Halveer uitjies. Pak groentes in lae in glasbak. Sprinkel sout tussen lae. Giet 3,4 liter water oor en laat ´n dag/nag staan. Dreineer en was deeglik af in lopende water. Droog. Meng suiker, mostertpoeier, gemeer en knoffel met 1,1 liter asyn in kastrol. Voeg groentes by en laat opkook. Kook tot groentes gaars maar nog bros is. Meng die meel en borrie met res van asyn en roer by groete mengsel. Laat vir nog 2 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment