Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/26/2009

Sampioen- en rooiwynrisotto / Mushroom and Red Wine Risotto

45 ml botter
15 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyn opgesny
125 g oestersampioene, gesny
125 g bruin sampioene,
375 ml aborio
2 ml neutmuskaat
125 ml rooiwyn
1l groenteaftreksel
sout
varsgemaalde swartpeper
45 ml Parmesan, gerasper
Parmesan en pietersielie vir garnering
nog botter

Verhit die botter en olie en braai die uie en knoffel liggies daarin. Voeg die sampioene by en roer vir ´n minuut. Roer die rys by tot dit bedek is en voeg dan die wyn en neutmuskaat by. Roer stadig tot die wyn geabsorbeer is. Voeg 250ml aftreksel by en roer tot dit ook opgelos is. Voeg nou lepel vir lepel aftreksel by en roer elkeen by tot dit opgelos is. Haal van plaat af en voeg sout, peper, parmesan en botter by. Roer tot dit opgelos is.

Bedien saam met ´n slaai.

(bedien 4)

No comments :

Post a Comment