500 g vars sampioene
40 g (50ml) botter / margarien
30 g (50ml) koekmeelblom
15 ml fyn gekapte ui
5 ml sout
15 ml fyn gekapte pietersielie
knypie rooipeper
5 ml aangemaakte mosterd
knypie gemaalde neutmuskaat (opsioneel)
250 ml room
Voorverhit oond tot 180ºC. Sny die sampioen in stukkies en plaas in ´n oondskottel. Meng die res van die bestanddele, behalwe die room en smeer oor die sampioene (smelt in mikrogolf, makliker om te smeer). Giet room bo-oor. Bak sampioene 30 tot 30 minute en roer dit 3 tot 4 keer om terwyl dit bak. Sit warm voor. *As dit te slap lyk, meng met maizena, gemeng met bietjie water, by.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
No comments :
Post a Comment