Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2009

Beesvleispotbraad / Beef Pot Roast

50 ml olie
1,3 kg binneboud of dikrib, in een stuk

Geurige sous:
300 ml tamatiesous
300 ml water
50 ml suurlemoensap
15 ml aangemaakte mosterd
‘n Paar druppels tabascosous
75 ml vrugte blatjang
13 ml worcestersous
40 ml heuning
3 lourierblare
7 ml sout
40 ml koekmeelblom
50 ml pietersielie, fyn gekap

Verhit die olie oor hoë hitte in ‘n kastrol. Braai die vleis alkante bruin. Skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige olie uit die kastrol.

Sous:
Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous, behalwe die koekmeelblom en pietersielie in ‘n kastrol. Klits goed met ‘n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer opkook. Plaas die deksel op en laat dit 1½ uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met ‘n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in ‘n verhitte, vlak oondbak. Maak die koekmeelblom met ‘n klein bietjie koue water aan in ‘n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol. Roer dit met ‘n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie.


Bedien 4 - 6 persone.

No comments :

Post a Comment