Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/17/2009

Groen piekel brandrissie / Green Pickle Chili

600 g brandrissie (kan ook rooi wees, maar dan is dit baie sterker)
15 swartpeper korrels
5 lourierblare
2 eetlepels koljandersade of een eetlepel perperkorrels en een eetlepel mostertsade
5 teelepels sout
6 eetlepels strooisuiker
1 liter wit asyn
1 eetlepel paprika
1 teelepel borrie

Sny rissies oop en verwyder sade - indien verkies- Gooi kookwater oor rissies en laat 1 minute staan en dreineer. Plaas rissies, peperkorrels, lourier blare, koljander en geurmiddels in fles. Verhit suiker en asyn tot suiker gesmelt is en terwyl nog warm, nie gekook, gooi dit in fles. U kan dit ook deel in kleiner flessies soos u verkies.

No comments :

Post a Comment