Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/12/2009

Beesstertbredie met sjerrie

90 ml koekmeelblom
5 ml sout
15 ml paprika
2 kg beesstert, in porsies gesny
50 ml braaivet
kookwater
300g sampioene, gekerf
1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
2 groot uie, in ringe gesny
2 vleisaftreksel-blokkies
15 ml kerriepoeier
225 ml sjerrie
warm, gaar ertjies vir garnering

Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in 'n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek. Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van die orige meelblom en 'n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute sonder deksel. Geur na smaak.

Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

No comments :

Post a Comment