1 pakkie suurlemoenjellie
1 teelepel gelatien
150 ml kookwater
500 ml gemengde vrugtejogurt
1 blikkie kondensmelk
1 kopppie gesnipperde malvalekkers
1 pakkie gesnipperde rooikersies
1 klein blikkie ingelegde vrugteslaai, fyner gekap of net soos dit is
1 houer vars yskoue room
Los jellie en gelatien in kookwater op en laat afkoel. Voeg die jogurt, kondensmelk, malvalekkers, kersies en vrugteslaai by. Meng goed. Klop room styf en vou in. Dit kan net so in 'n mooi bak in yskas gesit word om te stol en dan as poeding saam met vla of roomys geniet word. Of pak lae met tennisbeskuitjies om yskastert te vorm en rond af met fyngemaakte koekies. Of sit dit in 'n voorbereide tertkors om te stol met geklopte room bo-oor.
bydrae: Petro Nel
Resep 2
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie suurlemoenjellie
1 blikkie fyn pynappel
1 room
1 pakkie tennisbeskuitjies
Metode
Pak tennisbeskuitjies in tert bak (nie kleiner as "bord" grootte nie)
Maak jellie soos gewoonlik aan
gooi blikkie kondensmelk by en roer
dreineer pynappel tot droog en gooi by mengsel
gooi bogenoeme mengsel oor tennisbeskuitjies
klits room tot styf en smeer oor mengsel
Sit oornag in yskas
PS :Jy kan sjokelade oor die room rasper vir afronding
bydrae: Henriette De Beer
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns
Ek het resep 2 van die yskastert probeer - presies gevolg soos dit se (juis omdat dit so eenvoudig is) - my mengsel is loperig en die koekies het boontoe gedryf - daar word niks gepraat van n botter kors nie - so ek sal aanraai dat jul dit duideliker uiteensit vir n flop-vrye tert. Die kondensmelk is ook oorheersend. Ek is heelwat teleurgesteld.
ReplyDelete