75 ml vars broodkrummels
5 ml sout
2 ml peper
5 ml gedroogde, gemengde kruie
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12,5 ml botter of margarien
1 eiergeel
500 g kruisskyf, in 6 mm dik skywe gesny
30 ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny
1 vleisekstrakblokkie
450 ml kookwater
12,5 ml koekmeelblom
Fyn gekapte pietersielie
Meng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½ - 2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik. Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.
Stuur jou resepte na bydraes@kookkuns.com . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment