Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/08/2009

Visbraai met suurroom aartappels

Hi Daar weer

Hier is my manier van vis braai en vis voorberei

Bestanddele:
´n Vis ( Obvious ...) Snoek, kabeljou, barber (Die mense wat daai ding eet)
Garlic (Heel garlic, nie sout nie)
Botter (Margarien)
Gegeurde sout (Ek hou van Worstershire sout)
Suurlemoen sap (Of so 4 heel suurlemoene)
´n Braai met charcoal( Moenie gasbraai of oond braai nie)
Rooi wyn ( Soos altyd )
Aartappels
Botter
Garlic
Origanum
Maaskaas ( Sour cream en chives)

Aanwysings:
As jy vis wil koop, moenie die naaste en eerste kafee soek nie. Weereens kies ek maar altyd ´n Woolworths uit vir hulle vleis.
As jy die gelukke man is wat kon gaan vis vang het, met of sonder vrou se toestemming, moet jy die volgende doen:
1.) Sodra julle nugter is en oppad is om te ry, haal die vis uit die net uit en maak hom klaar skoon by die dam.
2.) Sny die kop af, maak oop die pens en haal alles uit. Was sommer die vis in die dam
3.) As jy nog ys oor het, laat le die vis in die ys. Andersins sit hom binne in koerantpapier binne jou coolbox.
4.) As dit baie warm is, en jy is ver van die huis, gooi so bietjie suurlemoen oor die vis, om "nasty" reuke en smake te stop.
5.) Moenie vergeet om die suurlemoen, ys, coolbox, of koerant papier saam te vat nie.

As die vis nou by die huis aankom (gevang of gekoop) doen die volgende:
1.) Omdat ´n vis nie baie lank vat om te braai nie, kan jy ekstra aandag gee voor jy hom braai.
2.) Laat lê die vis in ´n lekker lang groot bak, sodat die vis nie ongemaklik in die bak lê nie.
3.) Spuit ´n lagie suurlemoensap op die bodem van die bak, en lê die vis daarop neer (laat lê op die vel kant).
4.) Onthou om die vis op sy "vel" kant neer te lê, EN NIE DIE VEL TE SKEUR NIE !!!!
5.) Nadat jy onthou het om NIE DIE VEL TE SKEUR NIE, sprinkel so lekker lagie knoffel oor die vis.
6.) As jy petersielie het, sprinkel dit ook oor die vis, om die ergste garlic reuk uit jou mond te kry.
7.) As jy oreganum het, gooi klein bietjies ook oor die vis. MOENIE TE VEEL GOOI NIE.
8.) Spuit nou weer ´n lagie suurlemoensap oor die vis, moenie hard spuit nie, anders doner al die lekker goed af.
9.) Trek ´n lappie oor die vissie of glad wrap om die vis te beskerm teen "unwanted flying criminals".
10.) Laat lê die vis nou vir so 30min-1uur, en geniet so paar glasies wyn of bier, TERWYL DIE VUUR KLAAR AANGESTEEK WORD.
11.) Die vuur moet regtig nie baie warm wees nie, want dan kom die vis nie baie lekker uit nie.

Nadat die vis nou gelê het vir ´n ruk, gaan haal hom en bring hom vuur toe. Vat nou ´n glas beker en smelt botter (250g) in die glas.Voeg nou so 100ml suurlemoen sap by en roer dit saam met mekaar.

Sondra jy die vis op die vuur lê, smeer maar die ding so nou en dat sodat daai botter en suulemoen sap in die vis intrek.

Die vis behoort langer op die vel kant te lê, omdat die vel ´n "lagie" vorm wat die vis lekker laat "kook" op die braai. Dit maak die vleis lekker sag. As dit ´n baber is wat jy braai, maak seker jy gooi bietjie meer suurlemoensappies by, want die ding proe mos na modder ...

Terwyl dir vis aan die gang is op die braai, kan jy ´n heerlike ekstra dis voorberei:
0.) GAAN WAS JOU HANDE
1.) Meng dir maaskaas, botter, origanum, en garlic in ´n roer bakkie.
2.) Maak seker alles is lekker deurmekaar geroer, geen halwe werk nie...
3.) Sny vir jou nou jou foelie in blokke waarin jy die aartapels gaan toe draai
4.) Sny die uie in blokkies en sprinkel dit oor die foelie blokke
5.) Vat nou die aartapels en smeer hulle lekker vol van die botter-garlic-organum-maaskaas mengsel en rol dit toe in die foelie blokkies vol uie.
6.) Verstaan jy nou hoekom jy jou hande gaan was het ?
7.) Sit die "foelie bolle" nou so om en by die kole.Hulle sal hulle tyd vat omdat die foelie hulle te te veel hitte gee nie.

Jy kan ook mielies gebruik in plaas van aartappels, of sommer altwee saam, glo my dis heerlik.

Bedien jou vis met ´n "Halmans" mayo sous, gemeng met mosterd. Moet om hemels naam nie gemengde slaai saam met vis sit nie ...

Geniet dit
Tot later

bydrae: Gert Brits

No comments :

Post a Comment