Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/27/2009

Mieliebrood

250 ml meelblom
180 g mieliemeel
25 ml suiker
12,5 ml bakpoeier
1 geklitse eier - groot
180 ml melk
60 g botter, gesmelt
125 ml gekookte (gestoomde) groenmielies
25 ml gekapte salot
½ teelepel sout

Meng meelblom, suiker, bakpoeier en sout. Meng res van bestanddele en gooi oor droë bestanddele. Meng goed deur en bak in broodpannetjie vir ± 20 minute tot gaar.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Resep 2

70 g (150 ml) mieliemeel
265 g (550 ml) koekmeel
12 g (25 ml bakpoeier)
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer 'n broodpan uit. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.

No comments :

Post a Comment