Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/29/2009

Dadelbrood

375 g dadels, fyn gekerf
5 ml koeksoda
125 g margarien, in klein blokkies gesny
250 ml kookwater
190 ml suiker
1 eier, geklits
5 ml vanielje geursel
500 ml meelblom
5 ml bakpoeier
125 ml gekapte neute

Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak. Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word. Klits eier, suiker en vanielje geursel goed en gooi by die dadelmengsel. Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in. Gooi neute by en meng goed. Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180ºC in ‘n gesmeerde broodpannetjie.

No comments :

Post a Comment