Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/28/2009

Skaapspit

Ons is bietjie laat met die een, want ons kon nie spitmeester Cobus Swart kry om te kom verduidelik hoe nie. Uiteindelik het Hanz tot die redding gekom.

Die skaap van jou keuse moes ten minste vir een week gehang het voor hy op die spit kom. Maak voorsiening vir sowat 450g per persoon.

Jou spit moet stadig draai, anders raak die skaap nie reg gaar nie. Maak die skaap stewig en op ´n paar plekke aan die spit vas. Hou in gedagte dat die gaar vleis maklik van die spit kan lostrek.

Jou kole is reg as jy jou hand nie vir langer as 10 sekondes onder die skaap kan hou nie. In die areas onder die skaap se bene moet daar meer kole wees as onder die res.

Moet nie die skaap inspuit met ´n sous nie. Verf jou sous oor dwarsdeur die braaiproses of verf dit oor. ´n 2 L plastiekbottel met ´n paar gate in die doppie werk goed vir laasgenoemde. Sorg dat jou sous ´n goeie oliebasis het.

Sodra die skaap bruin is moet jy verkieslik foelie om die ribbe plaas, aangesien dit gouer gaar raak as die res van die skaap. Draai die foelie sommer reg rondom die skaap by sy ribbe.

Die lieslappe sal eerste gaar wees. Sny dit af en bied dit solank aan as ´n voorgereg aangesien mense geneig is om ongeduldig te raak by ´n spit en die wat te diep in die bottel gekyk het soms sommer self wil begin peusel.

Jou skaap sal omtrent 5 ure neem voor dit reg gaar is.

Nog idees

Na aanleiding van die skaapspit resep ... wil ek net 2 oulike idee's byvoeg wat WERK ...

Neem 2 plat gemarineerde hoenders en 1 Vark ribbetjie so groot soos die skaap se ribbekas.

Maak aan die een kant die 2 hoenders was en aan die ander kant die vark ribbetjie met die ribbetjies na binne ...

So droog die lieste en die ribbetjies nie uit nie ... en wella daar het jy sommer hoender en vark ook om voor te sit ...

Hierdie wenk werk 100 en 20 % ...

Probeer gerus ...

bydrae: Leatitia

No comments :

Post a Comment