Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/01/2009

Flip a Coin Woorde, vocals en wyn

Daar is min dinge wat die hart so raak as raaksê-woorde, die suiwer klanke van a capella musiek en ’n lekker glasie goeie wyn.

Flip a Coin en Van Loveren wyne bied ’n produksie aan wat beslis al die sintuie gaan prikkel. Met musiek van Billy Joel tot Laurika Rauch gaan die manne van Flip a Coin jou betower met a capella klanke waartydens elke lid van die groep sy gunsteling wyn en digkuns aanbied en die gehoor die geleentheid sal hê om die wyn saam met hulle te proe.

Woorde, vocals en wyn vat jou op ʼn rollercoaster van emosies, met musiek wat jou voete gaan laat stamp, humor wat jou gaan later skater, digkuns wat jou gaan laat besef hoe wonderlik ons taal werklik is en wyn wat die hele ervaring perfek bymekaar gaan bring.

Ses wyne, ses digters, ses persoonlikhede, een vertoning!

Hierdie produksie is die eerste produksie wat by Aardklop 2008 uitverkoop was, weke voor die aanvang van die fees. Dit is ’n kuier wat jy nie mag mis nie!

Innibos 2009 begin vandag en duur tot 5 Julie.

Gradering: Volwasse (Geen 0/18)
Datum en tyd: Do 2 Jul 18:00, Vr 3 Jul 18:00, Sa 4 Jul 14:00
Venue: Parkeraad Ouditorium
Tydsduur: 90 min
Prys: R87
Debuutproduksie

Wyn geborg deur Van Loveren.

No comments :

Post a Comment