Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/15/2009

Heel gepiekelde perskes

2 kg meduim taaipitperskes , geskil.
heel naeltjies
2 koppies asyn
1 koppie water
450 g suiker
3 heel kaneelstokkies
3 stukke steranys

Plaas 2 naeltjies in elke perske. Plaas onmiddelik in ligte sout en asyn water. Kook 3 minute in KOOKwater. Pak in gesteriliseerde flesse, sodra stroop gereed is.
Stroop:- verhit die asyn, water en suiker saam, roer totdat suiker gesmelt is. Laat 5 min. Lank kook. Plaas kaneelstok asook steranys saam met perskes in elke fles en gooi kokende stroop tot by die rand van die fles. Perskes moet heeltemal bedek wees. Verseël.

Dit kan ook gesnyde perskes wees - verkort net die kooktyd.

Bedien saam met vleis.

No comments :

Post a Comment