Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/14/2009

Kerrie groentebredie

250 g gaar, bruin bone
250 g stowe lamsvleis
25 ml olie
2 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml komynsaad
5 ml koljander, fyngemaal
5 ml gemengde kruie
2 ml matige kerriepoeier
1 groen soetrissie, gekap
250 g murgpampoentjies, in skywe gesny
100 g rosyne
8 klein aartappeltjies, halfgaar gekook in die skil
50 ml tamatiepuree
250 ml geelwortel, in skywe gesny
suiker na smaak
1 klein blomkool, in blommetjies gebreek
sout en per na smaak
1 blokkie vleisaftreksel, opgelos in 350 ml kookwater

Verhit die olie in 'n pan. Voeg die vleis, uit en knoffel by en soteer tot die vleis bruin is. Voeg die komynsaad, koljander, kruie en kerriepoeier by. Soteer die mengsel vir 'n verdere 2 minute. Voeg die groente en bone by. Giet aftreksel bo-oor en laat die mengsel kook. Meng die tamatiepuree en rosyne by die bonemengsel in. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Voeg smaakmiddels na smaak by.

Die mengsel kan vir potjiekos gebruik word.

No comments :

Post a Comment